Aanlyn Opleiding
KABV (CAPS) Kirrikulum
A+ Aksieplan
Hoekom A+Me bestaan
A+Me het in ‘n klaskamer in Stellenbosch begin.
Sedert 2012 bied Juffrou Inke ekstra Wiskunde-lesse aan hoërskool leerders in die area, wat haar reputasie onder leerders van Bloemhof, Paul Roos en ander skole in Stellenbosch veranker het. Haar onderrig was beslis nie die enigste ding wat ‘n verskil gemaak het nie. Dit was die manier waarop sy leerders gehelp het om in hulself te glo. Nie net hulle vermoëns om ‘n eksamen te slaag nie, maar ook in die persoonlike groei wat ‘n leerder kan ondergaan.
Beide ouers en leerders sê dieselfde ding: Inke het nie net Wiskunde aangebied nie, sy het hulle gehelp om hulle selfvertroue te vind.
‘n Paar jaar gelede het Inke en haar man, Konstand, die groter vraag begin vra: hoe kan hulle hierdie benadering verder as net een klaskamer neem en dit beskikbaar maak vir Graad 12-leerders regoor Suid-Afrika? Die antwoord was A+Me, ‘n gestruktureerde aanlyn Wiskunde-onderrig platform wat regte akademiese vaardigheidsontwikkeling koppel met die denkwyse wat dit laat vassteek.
Die naam sê alles. A+Me is nie net oor punte nie, maar meer oor die wording van die A+ weergawe van jouself. Tree vir tree, een week op ‘n slag.
Alle A+Me-programme is in lyn met die KABV (CAPS), ontwerp deur ervare onderwysers en ontwerp om elke leerder se pad tot hulle Wiskunde-eindeksamen te vergemaklik deur hulle kalm, voorbereid en werklik gereed te maak voel.


Juffrou Inke Spies — Hoofopvoede
Kwalifikasies en ervaring
BCom | 13+ jaar as ‘n Wiskunde tutor in Suid-Afrika | Spesialiseer in Graad 12 KABV (CAPS) -Wiskunde
Bio (Eerste persoon)
Ek is passievol daaroor om leerders te help regte selfvertroue bou in Wiskunde en om te ontdek waartoe hulle werklik in staat is.
Te gereeld kom leerders na my toe met die gedagte dat hulle “net nie ‘n wiskundige-persoon is nie”. In amper elke geval, is daardie gedagte verkeerd. Hulle is doodeenvoudig net nie die regte gereedskap toegeken of het nie die regte ondersteuning ontvang nie.
Oor meer as 13 jaar van met hoërskool-leerders regoor Stellenbosch werk, het ek ‘n gestruktureerde Graad 12 Wiskunde-program ontwikkel wat leerders toelaat om deur ingewikkelde konsepte, teen ‘n pas waarmee hulle gemaklik is te werk, terwyl hulle die fondasie vaardighede wat hulle vir die eindeksamen benodig, ontwikkel. My doel is bloot nie net om punte te verbeter nie, maar eerder om elke leerder te help om hulle selfvertroue, uithouvermoë en vertroue dat hulle daartoe in staat is, te bevorder.
Die mees belonende oomblik in onderrig is om te sien hoe ‘n leerder gaan van Wiskunde haat, na in die eksamen instap met die meeste selfvertroue. Die transformasie is presies waarvoor A+Me ontwikkel is.